Original Research

Evaluering van argumente in navorsingsverslae

A Botes
Curationis | Vol 22, No 2 | a715 | DOI: https://doi.org/10.4102/curationis.v22i2.715 | © 1999 A Botes | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 27 September 1999 | Published: 27 September 1999

About the author(s)

A Botes,, South Africa

Full Text:

PDF (350KB)

Abstract

Sommige skrywers oor navorsingsmetodologie is van mening dat navorsingsverslae op die logika van argumentering berus en dat sulke verslae met die leser kommunikeer deur logiese samehangende argumente aan te bied (Bóhme 1975:206; Mouton 1996:69). Hierdie beskouing impliseer dat navorsers bepaalde gevolgtrekkings maak en sodanige gevolgtrekkings by wyse van argumentering regverdig word (Doppelt, 1988:105; Giere, 1984:26; Harre, 1965,11; Leherer en Wagner, 1981:3 & Pitt,1988:7). Die struktuur van navorsingsverslae bestaan dus hoofsaaklik uit gevolgtrekkings en redes vir sodanige gevolgtrekkings (Booth, Colomb & Williams, 1995:97). Hieruit blyk dat regverdiging by wyse van argumentering ‘n standaardprosedure in navorsing en navorsingsverslae is.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 4070
Total article views: 1915


Crossref Citations

No related citations found.