Original Research

Maatskaplike aspekte van geriatriese sorg

D. Louw
Curationis | Vol 2, No 3 | a492 | DOI: https://doi.org/10.4102/curationis.v2i3.492 | © 1979 D. Louw | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 27 September 1979 | Published: 27 September 1979

About the author(s)

D. Louw, Adjunk-sekretaris van volkswelsyn en pensioene, South Africa

Full Text:

PDF (204KB)

Abstract

Dit is maar enkele dekades gelede dat Westerse gemeenskappe bewus geword het van die besondere behoeftes van die relatief groot en nog steeds groeiende persentasie bejaardes in hulle midde. Nie alleen het die liggaamlike behoeftes van liggaamlike afgetakelde bejaardes die aandag getrek nie maar die gemeenskappe het ook bewus geword van die maatskaplike behoeftes van ouerwordendes in ’n tydperk wat gekenmerk is deur die dramatiese veranderings in die lewenswyses van ons mense — veranderinge wat in baie opsigte ’n negatiewe invloed gehad het op die lewensomstandighede van ’n groot groep bejaardes. Welsynsbeplanners het besef dat hulle in hulle beplanning spesiale voorsiening moes maak vir die lewensbehoeftes van hierdie groep in die gemeenskap en dat hulle in die verband ’n groot agterstand het om in te haal. Geneeshere wat belang begin stel het in die gesondheidsbehoeftes van bejaardes het ook besef dat gevestigde geneeskundige praktyke geensins voldoen aan die spesifieke behoeftes van ’n groot groep bejaardes nie en dat groot aanpassings gemaak moes word met betrekking tot hulle benaderings en metodes van behandeling van hierdie pasiente.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 3144
Total article views: 2647


Crossref Citations

No related citations found.