Original Research

Ondersteuningstelsels vir pasiënte met verworwe immuniteitsgebreksindroom

H.A. Uys, S.D. Roos, H.H.M. Uys
Curationis | Vol 25, No 2 | a755 | DOI: https://doi.org/10.4102/curationis.v25i2.755 | © 2002 H.A. Uys, S.D. Roos, H.H.M. Uys | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 27 September 2002 | Published: 27 September 2002

About the author(s)

H.A. Uys, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
S.D. Roos, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
H.H.M. Uys, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa

Full Text:

PDF (323KB)

Abstract

Gedurende die navorser se dienstydperk as infeksiebeheerverpleegkundige, was daar noue kontak met pasiente met Verworwe Immuniteitsgebreksindroom (VIGS). Gedurende hierdie kontak is verskeie behoeftes van die pasient met betrekking tot gesondheidsdienste en ondersteuningstelsels geidentifiseer. Diskriminasie en die toets van pasiente vir Menslike Immuniteitsgebrekvirus (MIV) teenliggame sonder hulle toestemming, is van die leemtes wat geidentifiseer is. Die doel van die studie is om die aard en die omvang van die omvattende gesondheidsorgdienslewering vir pasiente met VIGS te bepaal. Die navorsingsontwerp is ’n kontekstuele, verkennende en beskrywende opname wat in die noordelike helfte van die Gauteng Provinsie uitgevoer is. Kriteria oor die aard en die omvang van omvattende gesondheidsorgdienste te bepaal is met behulp van literatuurstudie opgestel. Data is deur middel van gestruktureerde onderhoude met verpleegkundiges werksaam by die ge'fdentifiseerde dienste en pasiente wat van die dienste gebruik maak, ingesamel.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2914
Total article views: 14544


Crossref Citations

No related citations found.